|
|
 |
|
 |
|
|
| Fisika
|
Welkom by die Fisika Departement - Vanaf Eksperiment tot Kennis
- Verskeie postdoc's nou beskikbaar in die volgende rigtings: nanoluminescent materials, modelling, nanocrystalline metals, carbon nanotubes. Stuur 'n e-pos aan die Departementele Voorsitter vir meer besonderhede.
Jongste nuus aangaande Pryse en Toekenings:
Bosco Oruru was as die beste PhD aanbieder (in Sterrekunde) aangewys tydens die onlangse (Des 2009) SKA konferensie/werkswinkel wat in Stellenbosch gehou is.
Dr Martin Ntwaeaborwa en Prof. Hendrik Swart het gesogte toekennings van die National Science and Technology Forum (NSTF) ontvang. Prof. Hendrik Swart, Hoof van die Departement Fisika, het die toekenning ontvang vir navorsingskapasiteitontwikkeling oor die afgelope vyf tot tien jaar. Hy het die toekenning gekry vir die ontwikkeling van studente in die spesialis area van nanofisika. Dr Martin Ntwaeaborwa, seniorlektor in die Departement Fisika, het die T.W. Kambule NRF toekenning in Kategorie J ontvang as uitstaande jong swart manlike navorser oor die afgelope twee tot vyf jaar. Hy het die toekenning gekry vir navorsing oor fosfor nanomateriale.
 |
| Dr Ntwaeaborwa and Prof. Swart with their prestigious awards from the NSTF at Emperor's Palace. |
Jongste nuus aangaande Publieke en Opvoedkundige Programme
Die Fisika Departement van die UV het onlangs 'n werkswinkel gehou vir skool Leerder Fasiliteerdes (Vak Adviseurs) in die Vrystaat.
Verslae oor die werkswinkel is beskikbaar by die volgende skakel:
Jongste nuus aangaande navorsing in die departement:
Die Departement Fisika het onlangs twee nuwe apparate ontvang, die PHI700 Scanning Auger Nanoprobe en die PHI5000 XPS Versaprobe. Hierdie instrumente, met 'n waarde van R23 miljoen, sal hoofsaaklik vir nanotegnologie en kontrak navorsing gebruik word vir die Nuwe Nasionale Nano Oppervlak Karakteriseringsfasiliteit (NNSCF).

Aankoms van die nuwe toerusting in Mei 2009 Bekendstelling van nuwe toerusting op Maandag 17 Augustus 2009

Die PHI5000 XPS Versaprobe (links) en die PHI700 Scanning Auger Nanoprobe (regs).

Dr Denny Paul (links) en Dr Sankar Raman (regs) het opleiding gegee op die twee nuwe sisteme.
|
'n PhD student van Qwa-Qwa het fosfor poeiers suksesvol gesintetiseer wat se ligintensiteit van die uitgestraalde lig gelykstaande, of in sommige gevalle meer is, as dié van chemies eenders, kommersieel beskikbare fosfors.
 |
| Foto van die verskillende fosfors wat gesintetiseer is. Die linkerkanste bottel is die kommersiële fosfor. |
Is jy nog op skool en besig om jou toekoms te beplan?
Vir skoliere wat hulle toekomstige loopbane wil beplan, sal die verwysing "SA Institute of Physics" inligting gee oor fisika in Suid Afrika en loopbaanmoontlikhede in fisika. Fisika is toepaslik vir verskeie verskillende loopbane! Selfs as jy nie fisika as 'n hoofvak neem nie, mag jy nog steeds een of twee kursusse in jou leerprogram insluit op universiteit. Om meer uit te vind oor elkeen van die moontlike leerprogramme, volg die verwysings onder "Programme".
Beplan jy jou nagraadse studies?
Die Fisika Departement bied 'n honneurs, M.Sc. en Ph.D in Fisika aan. Vir meer inligting sien die verwysings onder "Programme". Internasionale studente kan meer inligting kry by die "Inligting vir internasionale studente" verwysing.
Die navorsing in ons departement val in twee hoofgebiede: oppervlakfisika en astrofisika. Nagraadse studies fokus op hierdie gebiede. Die Fisika Departement beskik oor gesofistikeerde oppervlak-analise apparaat en het 'n internasionale reputasie verwerf as 'n oppervlakfisika laboratorium. Boyden Sterrewag, minder as 30 km buite Bloemfontein, is opgegradeer om as 'n hoëvlak navorsingssentrum te dien. Meer inligting oor navorsing kan verkry word deur die "Navorsings"-verwysings te gebruik.
|
|
Hierdie sterrewag is onlangs opgegradeer om as 'n hoëvlak navorsingssentrum te dien en is minder as 30km buite Bloemfontein geleë. Dit dien ook as 'n opvoedkundige sentrum.
|
|
|
|
| Hoofnuus |
|
|
 |
|
|