Wie is ons?
Die Universiteit van die Vrystaat is geleë in die hart van die sentrale streek van Suid-Afrika. Die UV, 'n multikulturele, parallelmedium-instelling (Afrikaans en Engels), is in 1904 in Bloemfontein, hoofstad van die Vrystaat Provinsie, gestig.
Nagenoeg 16 000 studente loop klas op ons hoofkampus in Bloemfontein, terwyl nog sowat 3 000 deur middel van die Internet en afstandonderrig studeer. Die Qwaqwa-kampus in die Oos-Vrystaat, wat in Januarie 2003 by die UV ingelyf is, het byna 1 500 studente.
Ons ses fakulteite bied 'n omvattende reeks voor- en nagraadse programme vir studente. Die Universiteit is 'n belangrike navorsingsentrum en het sterk bande met ander universiteite op die vasteland én oor die wêreld.
Die UV word allerweë erken as 'n leier op die gebied van transformasie in hoër onderwys in Suid-Afrika - 'n siening wat onderskryf word deur oudpresident Nelson Mandela, wat die Universiteit vir sy transformasie- en taalbeleid geloof het.
Deur tred te hou met die tye waarin ons leef, bly ons getrou aan ons visie:
Om 'n uitmuntende, billike en innoverende universiteit te wees. |